Registrasie & Ondersteuning
Tel: +27 (0) 44 873-3876
Fax: +27 (0) 86 516-5902
e-pos: info@a4dable.co.za
Risiko bestuurdeur Kredietlewensversekering polisse en Begrafnis polisse wat ingesluit is by A4dable Software pakette word voorsien deur Capital Alliance Group Risk, 'n divisie van Liberty Corporate.
Capital Alliance Group Risk is a division of Capital Alliance Life Limited.
Liberty Corporate is a division of Liberty Group Limited. Capital Alliance Life Limited - an Authorised Financial Service Provider in terms of the FAIS act (licence no. 17404) Capital Alliance Life Limited - Reg. No. 1969/008187/06. Capital Alliance Life Limited - a wholly owned subsidiary of Liberty Group Limited.
KREDIETLEWENS EN BEGRAFNIS VERSEKERING
Kredietlewens- en Begrafnispolisse, onderskryf deur Capital Alliance, is beskikbaar vir A4dable Software kliente teen mededingende tariewe, vir herverkoop aan u klante. Die funksie om hierdie risikobestuur produkte aan u klante te verskaf integreer naatloos met ons sagteware pakkette en is maklik om te bedryf en te bestuur.
Bemarking van die produkte aan u klante verskaf gemoedsrus aangesien dit u werkskapitaal beskerm teen dood, ongeskiktheid en aflegging van u klante.
Eise word stiptelik ge-administreer en 'n trotse geskiedenis van vinnige uitbetaling van eise word jaloers beskerm deur die gesamentlike span van Capital Alliance en A4dable Software.
'n Kreditlewens eis word deur Capital Alliance aan die mikrolener uitbetaal, om die uitstaande leningsbedrag te vereffen.
Begrafnispolisse is bedoel om uitstaande lenings te delg en verder om die familie met begrafnis onkostes by te staan. Dit betaal 'n vaste bedrag aan die mikrolener uit om aan die begunstigdes oor te betaal. Dit verskaf 'n uitstekende bemarkingsgeleentheid wanneer deur u klante gesien word dat u die bedroefde familie bystaan.
Klik die foto hieronder om die 'Credit Life and Funeral manual' (slegs engels) af te laai.